Vrystaat Mielies het ontstaan met die deregulering van die graanmark in 1995. Die maatskappy het oor die jare heen ontwikkel in 'n gevestigde en belangrike rolspeler in die Suid-Afrikaanse graanbedryf. Gedurende Maart 2008 word sy kantore vanaf Riebeeckstad in die Vrystaat na Potchefstroom in die Noordwes Provinsie verskuif.

Daar word handel gedryf in alle graankommoditeite sowel as uitvoervrugte. Die jaarlikse omset van die maatskappy nader die R1 miljard merk bestaande uit ongeveer 700 000 metrieke ton se fisiese graan en 21 000 transaksies op die JSE Sekuriteitebeurs asook vrugte uitvoere.

Vrystaat Mielies se betrokkenheid is veral gefokus op die volgende velde:

  • Produksiefinansiering van graan

  • Produksiefinansiering van vrugte vir die uitvoermark

  • Bemarking van vrugte vir die uitvoermark

  • Fisiese handel in graankommoditeite

  • Graan Portefeulje Bestuur

  • Graan Prysrisikobestuur

  • Makelaarsdienste op die JSE Sekuriteitebeurs (SAFEX)

  • Die beplanning en bestuur van Logistiek

  • Transaksies met bekende meulenaars en silo-eienaars

  • Handel in eiendomme

Vrystaat Mielies word besit deur Umlimi Holdings (Edms) Bpk. 'n Swart Beleggingsmaatskappy, Peu (Edms) Bpk, besit ‘n 51% belang in Umlimi Holdings (Edms) Bpk wat beteken dat Vrystaat Mielies aan die vereistes vir swart ekonomiese bemagtiging voldoen.
 

 

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...