Druk Kaart>>

 
 

Vanaf Johannesburg (Roete 1)

U kom Potchefstroom binne op die N12 vanaf Johannesburg.

  1. Draai regs by die eerste verkeerslig in M.C. Roodeweg. Sodra u gedraai het, is Hoër Tegniese Skool op u regterkant.

  2. Gaan reguit oor die drierigting stopstraat.

  3. Ry steeds reguit aan in M.C. Roodeweg verby die uitdraai na Mozartstraat. (Moet nie links draai in Mozartstraat nie.)

  4. By die volgende drierigting stopstraat, net na die Farmhouse Gastehuis, draai u links in Govan Mbeki Rylaan.

  5. Ry reguit aan met Govan Mbeki Rylaan verby wit tente aan u regterkant tot by die
    verkeerslig by Albert Luthuli Rylaan. Hier ry u reguit oor en volg steeds Govan Mbeki Rylaan. Beweeg oor na die regterkantste baan.

  6. Die volgende verkeerslig is die Retiefstraat kruising. KFC sit dan aan u regterkant. Hier draai u regs in Retiefstraat in.

  7. Bly in die regterkantste baan en ry aan tot by die vierrigting stopstraat (Rivierstraat kruising). Hier ry u reguit aan.

  8. U ry steeds reguit aan in Retiefstraat tot by ‘n drierigting stopstraat (Goetzstraat). Ry steeds reguit aan.

  9. Die eerste straat daarna wat na links uitdraai, is Clarkstraat. Die kantore van Vrystaat
    Mielies is geleë op die hoek van Retief- en Clarkstraat. Draai links in Clarkstraat, en
    dadelik weer regs in die parkeerarea oorkant Vrystaat Mielies.

Terug Na Bo ^^

Vanaf Klerksdorp (Roete 2)

U kom Potchefstroom binne op die N12 vanaf Klerksdorp.

  1. Sodra u oor die brug Potchefstroom binnekom, draai u links in Beyers Naudélaan. Dit is die eerste verkeerslig as u van die brug af kom.

  2. Ry reguit aan in Beyers Naudélaan verby ‘n speelpark en tennisbane aan u linkerkant tot by ‘n vierrigting stopstraat (James Moroka Rylaan). Hier ry u reguit aan.

  3. Aan u linkerkant is die Potchefstroom High School for Boys. Ry reguit aan tot by die volgende vierrigting stopstraat. Hier draai u regs in Retiefstraat.

  4. Ry reguit aan met Retiefstraat tot by die volgende vierrigting stopstraat (Peter Mokaba Rylaan). Hier ry u reguit oor.

  5. Ry reguit aan tot by die volgende drierigting stopstraat (Lukestraat). Engel en Volckers is op u linkerkant. Hier ry u reguit oor. Pick & Pay is dan aan u regterkant. Gaan oor na die linkerbaan.

  6. Ry reguit aan verby Standard Bank aan u linkerkant tot by die verkeerslig (Walter Sisulu Rylaan). Hier ry u reguit oor.

  7. Die eerste straat wat na regs uitdraai, is Clarkstraat. Die kantore van Vrystaat Mielies is
    geleë op die hoek van Retief- en Clarkstraat. Draai regs in Clarkstraat, en dadelik weer
    regs in die parkeerarea oorkant Vrystaat Mielies.

Terug Na Bo ^^

Vanaf Carletonville (Roete 3)

U kom Potchefstroom binne op die R53 vanaf Carletonville.

  1. Sodra u oor die brug Potchefstroom inkom, is daar ‘n vierrigting stopstraat. U ry reguit oor in Thabo Mbeki Rylaan.

  2. U ry dan oor ‘n klein bruggie oor die Mooirivier.

  3. By die Gerrit Dekkerstraatkruising (‘n drierigting stopstraat) ry u reguit oor.

  4. Ry reguit aan in Thabo Mbeki Rylaan verby die Potchefstroom Gimnasium aan u regterkant.

  5. Ry reguit aan verby die PUK se Konservatorium aan u linkerkant tot by die volgende
    verkeerslig (Meyerstraat).

  6. Ry reguit aan verby Noordwes Krieketstadion aan u linkerkant.

  7. Ry reguit aan verby Laerskool Mooirivier aan u regterkant.

  8. By die volgende verkeerslig (Albert Luthuli Rylaan) gaan u reguit oor.

  9. Thabo Mbeki Rylaan verander nou na Walter Sisulu Rylaan. U ry steeds reguit aan. PG Glas is aan u regterkant op die hoek geleë.

  10. Ry dan reguit aan verby die Soetdoring Gastehuis aan u regterkant. Gaan oor na die linkerbaan.

  11. Ry verby Standard Bank aan u regterkant.

  12. By die verkeerslig direk na Standard Bank draai u links in Retiefstraat.

  13. Die eerste straat wat na regs uitdraai, is Clarkstraat. Die kantore van Vrystaat Mielies is geleë op die hoek van Retief- en Clarkstraat. Draai regs in Clarkstraat, en dadelik weer regs in die parkeerarea oorkant Vrystaat Mielies.

Terug Na Bo ^^

Vanaf Viljoenskroon (Roete 4)

U kom Potchefstroom binne in Govan Mbeki Rylaan.

  1. Draai links by die T-aansluiting soos u Potchefstroom inkom.

  2. Ry oor ‘n klein bruggie en verby ‘n bord aan u linkerkant wat u in Potchefstroom verwelkom.

  3. Ry reguit aan verby Viljoenstraat, Aarbeistraat, Chris Hani Rylaan (aan u linkerkant) en ry reguit aan oor ‘n voertgangerkruising.

  4. Ry steeds reguit aan verby die Gholfbaan (aan u regterkant) en Smitstraat (aan u linkerkant) tot by ‘n drierigting verkeerslig (Du Plooystraat). Hier ry u reguit aan.

  5. U sal dan die Potchefstroom Banketsale aan u linkerkant sien.

  6. By die volgende verkeerslig (Nelson Mandela Rylaan) gaan u reguit oor verby die Mooirivier Sentrum aan u regterkant en die Riverwalk Sentrum aan u linkerkant.

  7. Gaan reguit aan oor ‘n drierigting stopstraat tussen die twee winkelsentrums.

  8. Ry reguit aan oor die volgende verkeerslig (James Moroka Rylaan). MacDonalds is aan u linkerkant.

  9. Ry reguit aan tot by die volgende verkeerslig. Dit is die Retiefstraat kruising by KFC.  Hier draai u links.

  10. Gaan direk oor in die regterkantste baan en ry reguit aan oor die Rivierstraat kruising (vierrigting stopstraat).

  11. Ry reguit oor die drierigting stopstraat (Goetzstraat).

  12. Die volgende straat wat na links uitdraai, is Clarkstraat. Die kantore van Vrystaat Mielies is geleë op die hoek van Retief- en Clarkstraat. Draai links in Clarkstraat, en dadelik weer regs in die parkeerarea oorkant Vrystaat Mielies.

Terug Na Bo ^^

Vanaf Parys (Roete 5)

Kom Potchefstroom binne op die R53 vanaf Parys.

  1. Ry reguit oor die eerste verkeerslig.

  2. Ry reguit aan verby Kumkani Gastehuis en Garden Pavillion op u linkerkant en ‘n Sasol motorhawe aan u regterkant.

  3. By die volgende verkeerslig (Nelson Mandela Laan-kruising) ry u reguit oor.

  4. Ry verby die Mooirivier Sentrum aan u linkerkant. Sodra u by die winkelsentrum verby is, gaan oor na regterkantste baan. Draai dan regs in Govan Mbekirylaan by die verkeerslig.

  5. Ry reguit aan tot by die volgende verkeerslig. Dit is die Retiefstraat kruising by KFC. Hier draai u links.

  6. Gaan direk oor in die regterkantste baan en ry reguit aan oor die Rivierstraat kruising (vierrigting stopstraat).

  7. Ry reguit aan by die drierigting stopstraat by Goetzstraat.

  8. Die volgende straat wat na links uitdraai, is Clarkstraat. Die kantore van Vrystaat Mielies is geleë op die hoek van Retief- en Clarkstraat. Draai links in Clarkstraat, en dadelik weer regs in die parkeerarea oorkant Vrystaat Mielies.

  9. Ry reguit aan verby Laerskool Mooirivier aan u regterkant.

  10. Ry reguit aan oor die volgende verkeerslig (Albert Luthuli Rylaan).

  11. Thabo Mbeki Rylaan verander nou na Walter Sisulu Rylaan. U ry steeds reguit aan - PG Glas en daarna Soetdoring Gastehuis aan u regterkant. Gaan oor na die linkerbaan.

  12. Ry verby Standard Bank aan u regterkant.

  13. By die verkeerslig direk na Standard Bank draai u links in Retiefstraat.

  14. Die eerste straat wat na regs uitdraai, is Clarkstraat. Die kantore van Vrystaat Mielies is geleë op die hoek van Retief- en Clarkstraat. Draai regs in Clarkstraat, en dadelik weer regs in die parkeerarea oorkant Vrystaat Mielies

Terug Na Bo ^^

Vanaf Ventersdorp (Roete 6)

Kom Potchefstroom binne op die R53 vanaf Ventersdorp.

  1. Draai links by die eerste verkeerslig in Meyerstraat in.

  2. Ry reguit aan oor ‘n drierigting stopstraat met die Medi Clinic op u regterkant.

  3. Ry reguit aan verby veelkleurige studentebehuising aan u regterkant tot by ‘n vierrigting stopstraat (Silwerstraat). Hier ry u reguit oor.

  4. Ry oor ‘n brug tot by ‘n vierrigting stopstraat (Hoffmanstraat). Die hoofingang na die Noordwes Universiteit is aan u linkerkant geleë. Ry reguit oor die stopstraat.

  5. Ry reguit aan verby die Cachetpark Sentrum aan u regterkant tot by die volgende verkeerslig (Steve Biko-kruising). Ry reguit aan.

  6. Ry reguit oor die volgende vierrigting stopstraat (Molenstraat).

  7. Draai by die volgende verkeerslig regs in Thabo Mbeki Rylaan.

  8. Ry reguit aan verby die Noordwes Krieketstadion aan u linkerkant.

  9. Ry reguit aan verby Laerskool Mooirivier aan u regterkant.

  10. Ry reguit aan oor die volgende verkeerslig (Albert Luthuli Rylaan).

  11. Thabo Mbeki Rylaan verander nou na Walter Sisulu Rylaan. U ry steeds reguit aan - PG Glas en daarna Soetdoring Gastehuis aan u regterkant. Gaan oor na die linkerbaan.

  12. Ry verby Standard Bank aan u regterkant.

  13. By die verkeerslig direk na Standard Bank draai u links in Retiefstraat.

  14. Die eerste straat wat na regs uitdraai, is Clarkstraat. Die kantore van Vrystaat Mielies is geleë op die hoek van Retief- en Clarkstraat. Draai regs in Clarkstraat, en dadelik weer regs in die parkeerarea oorkant Vrystaat Mielies.

Terug Na Bo ^^

This website designed and maintained by GSD Potch - The WEB people...